Discussion&Debates
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties?

3 posters

Go down

Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties? Empty Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties?

Post  Stefan Fri Jan 29, 2010 3:05 am

Hierdie is eintlik maar net om mense te lok om hier te debatteer as julle wil, en is ook in reply met JP se laaste message......

Ek was nog altyd van die oortuiging dat iemand wat se hy is 'n Atheist, die stelling maak dat hy aan niks glo nie.
Is ek korrek daarmee, of verwar ek myself met Agnosties?

Volgens my is dit onmoontlik om aan niks te glo nie. Want deur te se jy glo aan niks, is jy mos besig om aan iets te glo - niks...Of anders gestel, jy het dalk jou huiswerk gedoen met al die opsies en besluit jy GLO in geen van hulle nie. Dus se jy jy glo aan niks, maar dit is steeds jou geloof. Glo dat geen ander geloof waar is nie.

Anyway, ek dink julle verstaan wat ek bedoel, al klink dit bietjie deurmekaar. Dit is eintlik 'n vraag aan Helgard, en hy sal dit seker goed kan antwoord, maar JP het dit ook met sy laaste email half gedemonstreer.

Stefan
Admin

Posts : 19
Join date : 2010-01-29

https://mydandd.forumotion.com

Back to top Go down

Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties? Empty Re: Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties?

Post  Cpt Kaos Fri Jan 29, 2010 3:16 am

Ja, ek stem saam.

As jy se jy glo nie in God nie maak jy ook 'n absolute stelling en se dat jy enige ander bewyse gaan uitsluit of nie bereid is om dit te oorweeg nie.

Ek stem dus saam in daai opsig.

Ek het 'n hele paar keer al gese ek defineer my posisie dieselfde as Dawkins en baie ander "ateiste". Dit is soos volg en kan beste op skaal voorgestel word:

Op 'n skaal van 1-10 (1 ek glo 100% daar is geen god nie en 10 ek glo 100% daar is 'n god) is ek 2 (selfs 1.5). Dawkins het nog nommers vir die verskillende vorme van agnostiese posisies ook. Ek sal so 'n link post as ek dit kan kry.

M.a.w. Ek glo nie absoluut daar is nie 'n God nie, maar beskou die kanse dat hy wel bestaan dieselfde as die van Kersvader en die Man op die Maan. Dit is my wetenskaplik posisie as jy wil.

Ek het al reeds en in my laaste email my spirituele (as mens dit so kan noem) of teologies argument gemaak waarin ek se dat ek nie voel dat ek hoef te glo nie of te veel daaroor hoef te worry nie want aangesien niemand van ons met God kan kommunikeer nie daar geen manier is om te weet hoe hy wil he ons moet leef en of "geloof" eers 'n issue vir hom is nie.
Cpt Kaos
Cpt Kaos

Posts : 40
Join date : 2010-01-29

Back to top Go down

Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties? Empty Re: Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties?

Post  Stefan Fri Jan 29, 2010 3:24 am

Mens kan 10 teen 1 Christene ook op dieselfde skaal sit, maar hulle sal obviously 7 en meer wees.
Maar ek dink daar is definatief Christene wat ook 'n 2 op die skaal is, maar hulself nog steeds Christene noem.

Ek sou sĂȘ ek is dalk 'n 3 of 'n 4, maar ek verkies om nog die background van Christenskap te aanvaar of as my geloofsagtergrond te hou. Dalk omdat ek daarmee groot geword het, en dalk omdat dit wat in die Bybel vir my "OK" is en dat ek die inhoud daarvan op my eie manier interpreteer en kies om dit op 'n manier wat aanvaarbaar is vir my, te interpreteer en te implementeer. So kan ek dit vir myself laat inpas in evolusie. So ja, ek en jy voel dalk dieselfde oor baie goed, maar ek soek half iets om in te glo ook, al is dit ook net bietjie glo.

Stefan
Admin

Posts : 19
Join date : 2010-01-29

https://mydandd.forumotion.com

Back to top Go down

Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties? Empty Re: Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties?

Post  Cpt Kaos Fri Jan 29, 2010 5:24 am

Die link soos belowe:

Dawkins scale:

Cpt Kaos
Cpt Kaos

Posts : 40
Join date : 2010-01-29

Back to top Go down

Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties? Empty Re: Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties?

Post  Captain Planet Mon Feb 01, 2010 3:50 am

Helgard dink so daaraan jy dring aan daarop om met God te kommunikeer in menslike terme iets wat in ons realiteit in pas en toetsbaar is, bv spraak met stem of fisies verskyn voor jou en praat of skryf of wat ookal. maar 500jr terug was die aarde plat en geen telefone nie, so ons "realiteit" bly verander wat te se het dit kan wees ons wetenskaplike eksperimente en dies meer het dalk nie die nodige manier om te kan "toets" vir God nie want ons weet nie wat of hoe om te toets nie, maar dit beteken nie hy is nie daar nie.

bv liefde ons almal weet dit bestaan maar jy kan dit nie fisies sien nie, dis maar n "gevoel" in jou binneste so hoe definieer wetenskap nou so iets? hoe bewys of eksperimenteer jy om liefde te bewys?

jy kan dit slegs bewys deur ander wat liefde aan jou openbaar of deur hulle wat jy dit sien en ervaar so om te dink mens moet kan toets in ons terme vir God kan dalk n doodloop wees omdat ons nie die nodige kennis of insig tans het nie. as dit dus die geval is, kan mens dalk se jou timing suck itv wanneer wetenskap meer aangepas word, maar ek glo dit sal nooit bewys kan word nie want wat is die punt van geloof as jy dit wat jy moet glo kan sien en nie hoef te glo sonder enige fisiese manifestasie of bewys nie. want dis te maklik om enigsins iets te beteken. ek bedoel ek glo tafelberg is daar want ek kan dit sien, maar ek kan blind wees dit nie sien nie maar dit kan nogsteeds daar wees. my "realiteit" verander net. dan nie?

Captain Planet

Posts : 17
Join date : 2010-01-29

Back to top Go down

Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties? Empty Re: Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties?

Post  Cpt Kaos Mon Feb 01, 2010 5:51 am

'n Vinninge reply (per paragraaf).

(1) Stem saam en is presies my punt. Kan op die oomblik nie vir God bewys nie, maar dit is dalk moontlik in die toekoms (alhoewel baie onwaarskynlik). Dit is hoekom ek ook nie 'n 1 is op daai skaal nie.

(2) 'n Mens kan ten minste die voorwerp van liefde bewys Smile En soos jy self se dan deur aksies tussen die voorwerpe/subjek kan jy aflei dat hulle wel vir mekaar kan lief wees.

(3) Weereens dit is presies my punt. Godsdiens vereis dat jy moet glo ten spyte van bewyse. Dit beteken ook dan dat jy as gelowige die selfde voordel van twyfel moet gee aan die kompetisie. Soos jy is nie meer verseker dat jy reg is as Moslems, Jode, Sataniste, Mormone, Buddiste of selfs Ateiste nie.


Last edited by Cpt Kaos on Mon Feb 01, 2010 5:53 am; edited 2 times in total (Reason for editing : typo)
Cpt Kaos
Cpt Kaos

Posts : 40
Join date : 2010-01-29

Back to top Go down

Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties? Empty Re: Geloof: Wat is 'n Ateis, wat is agnosties?

Post  Sponsored content


Sponsored content


Back to top Go down

Back to top

- Similar topics

 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum