Discussion&Debates
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

Goeie storie uit Watkykjy.co.za

Go down

Goeie storie uit Watkykjy.co.za Empty Goeie storie uit Watkykjy.co.za

Post  Stefan Fri Jan 29, 2010 1:41 am

Christo brand sy bruggies faktap in Dwelmbos
By Christo Brandbruggies | Published: January 27, 2010

Okay om myself onmenslik kak te gedra is niks nuuts nie, maar die Maties JOOL was al weer een van daai events in my lewe wat ek moerse gou wil vergeet. Lyk my nie ek kan myself gedra as ek drink nie. Nou sit ek met ‘n faktap arm en nie net is my zak op nie, ek skuld mense geld. Dis darem nie so kak soos daai keer wat ek dronk uit die bar gestap het en vir die car guard getune het God het vir my gesê ek moet hom by my laat intrek nie. Toe vat ek die bra huis toe, kook vir hom Durban curry en maak hom dronk. Fokken dodgy, ek’t darem voor ek gaan slaap gedreig om sy keel af te sny as hy kak maak met my in my slaap. Daarna kon ek nooit weer my groceries by Checkers gaan koop nie, anders kom vra die bra my wanneer hy kan in move. “Uhhh, not likely my bra…” Heavy blaaint.

Of die keer toe ek by Rottenfields gaan suip het en my doos vriende my daar gelos het sonder ‘n selfoon of geld. Toe eindig ek in die parking lot op en dit reën ‘n naai hou. So toe ek hier op stage 3 hypothermia en stage 12 op die Klipdriftskaal is, besluit ek om ‘n kar se ruit uit te moer en op die back seat te gaan dos. Na so paar shots kom ek agter my sneakers gaan nie die job doen nie, toe skop ek die fokken spieëltjie af en gaan lê weer langs die kar in like ‘n 10 cm diep plas reën. Toe die owner en sy goose daar aankom vra ek vir ‘n lift huis toe. Hy tune my “No, fuck you, you broke my mirror!” Ek reken toe “fair enough” en stap van die bar af terug Glenashley toe. (Dis 11km)

Die JOOL was als goed en wel tot ek gister by die bands aan die suip gegaan het. Loop toe daar rond en try backstage kom, lekker deur die naai en dik tril, asof ek die ou is wat die beeste in die Bovril bottels intrap. Ek tune die security ek ken die band, ek’s connected, asof ek ‘n high end celeb is wat so famous is dat ek saam met Robbie Williams coke van hoere se rûe af snort. Hulle het my net getune om te fokof. Ek moes ook nie myself Koos Kombuis gehou het en 10 gallon Tassies try uitsuip in die blazing middagson nie. Nadat ek soos ‘n spastic gelê en slinger het tussen vreemde mense is ek daar weg en Brazenhead toe. ‘n Hot girty het my actually iets getune van my spif hoed en what not, maar toe sy sien ek kan nie meer praat nie het dinge moer vinnig skeef geloop. Toe is ek upset en gaan soos ‘n tiener meisie aan, gooi my lisensie by die bar se ruit uit. Fok weet hoekom.

Daarna is ek Akademia toe, waar my tjommie se flat is. En vir die wat nie weet nie, Akademia is ‘n moerse kompleks met woonstelblokke vir studente.( Daar bly blykbaar amper 1000 mense so dis fokken huge.) Min was ek impressed toe ek sien ek kan nie by die flat in nie – ek’s uitgesluit en het nie my selfoon op my nie. Nou vra ek vir ‘n goose om haar foon te gebruik. Seker 10 mense het my gebat toe ek hulle vra, maar ek moet kleingeld in hulle fokken blikkies gooi. Nou tune my bratjie my wat die kombinasie vir die slot is, maar ek’s te dronk om uit te figure hoe dit werk. Toe skiem ek ek gaan sommer die ruit uitmoer. Kak idee, want ek rook hom toe met die vuis, en daar gil ‘n girl blou fokken moord. Ek het die buurman se ruit uitgeslaan. Nou kom daar so huge gangsteristiese mixed breed ou en vertel my hoe diep hy my terug in my ma in gaan skop. Toe mission ek maar.

Nou raak dit donker, en al die donnerse geboue lyk vir my dieselfde. Dit help jou niks as jy weet jou buddy bly op die 3de vloer aan die regterkant nie, want daar is like 25 identiese geboue. Ek loop verder rond, weet nie wat de moer aan gaan nie, my arm bloei, ek’s dronk, en niemand wil vir my ‘n sigaret gee nie, NIEMAND. Ek gaan toe terug na die flat, en try weer die plek oopbreek. Net toe ek die slot afhet en die handle basicly uit die deur het kom ‘n bra en sy chick daar aan, weer die verkeerde flat. Fok. Ek gooi toe vir die bra my selnommer, (die verkeerde een) en duik voor ek gedonner raak.

Nou skiem ek ek gaan die opsigter gaan vra vir ‘n runner. Ek kom by ontvangs aan en die ou lyk soos daai zef naai presenter op KykNet. Hy kan my nie help nie. Hy verwys my na iemand met ‘n rooi kar. Ek kom by die kar, daar’s niemand in die kar nie. Wat de fok help dit my?

Daarna skiem ek om weer te gaan try, en na ek weer verdwaal het kom ek by nog ‘n kamer uit, breek die handle oop, en kry die buurman om my te help om die deur oop te kry. Ek stap in, ek sien ‘n desktop en ‘n moerse emmer protein shake. My buddy gebruik nie USN nie – weer die verkeerde flat…

Toe maak ek maar net mooi die deur toe en duck. Eventually kom ek by die regte plek uit, en word eers my fortuin vertel omdat ek so kak mens is.

Great weekend.

Stefan
Admin

Posts : 19
Join date : 2010-01-29

https://mydandd.forumotion.com

Back to top Go down

Goeie storie uit Watkykjy.co.za Empty Re: Goeie storie uit Watkykjy.co.za

Post  Stefan Fri Jan 29, 2010 1:48 am

Classic onder die verkeerde topic....

Stefan
Admin

Posts : 19
Join date : 2010-01-29

https://mydandd.forumotion.com

Back to top Go down

Back to top

- Similar topics

 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum