Discussion&Debates
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.

Nuwe Getuienis

Go down

Nuwe Getuienis Empty Nuwe Getuienis

Post  Cpt Kaos Thu Feb 04, 2010 1:20 am

Dit sal interessant wees om te hoor wat mense hiervan dink:

'n Eietydse Getuienis van Iemand wat in die Gereformeerde Tradisie grootgeword het



Ek glo aan 'n Ewige, Onbegryplike Wese wat:
Op misterieuse wyse die heelal met 'n oerknal laat ontstaan het en die natuurwette hulle gang laat gaan;
Aan ons as mense 'n vryheid van keuse gegee het;
Daarom nie inmeng in ons daaglikse lewens nie en ons verantwoordelik maak vir die gevolge van ons eie keuses;
Mense toelaat om vir goed en teen kwaad te kies;
Nie 'n perfekte heelal geskep het nie;
Mense gebruik om medemense te help in tye van nood en rampe;

Ek glo aan 'n algemene religieuse sentrum in die mens se bewussyn en dat mense 'n behoefte het aan nadenke (meditasie) oor die Misterie van die Lewe;

Ek glo dat Jesus van Nasaret 'n besondere mens was en dat Hy vir ons wysheidspreuke, verhale en gelykenisse nagelaat het wat navolgenswaardig is;

Ek ervaar die Bybel as 'n wysheidsgeskrif wat deur geïnspireerde en begenadigde mense geskryf is in antwoord op 'n diepgesetelde religieuse behoefte, maar dat dit al die swakhede van mense en instellings wat dit redaksioneel versorg het, weerspieël;

Ek aanvaar dat die Ekumeniese Belydenisse, die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordste Leerreëls belangrike historiese dokumente is, en deel is van die gereformeerde tradisie, maar gebonde is aan 'n werklikheidsiening wat tans nie meer aanvaar word nie;

Ek gebruik die moderne natuurwetenskaplike wêreldbeeld om sin te maak uit die kosmos en die Groot Gedagte, want dis die beste wat ons het;

Ek bely my menslikheid en vier die lewe met vreugde;

Ek ween oor 'n gebroke wêreld vol geweld wat nie vir armes sorg nie, kinders, ou mense en die omgewing verwaarloos;

Ek glo aan 'n ewigheid wat op Onbegryplike Wyse aan die kosmos geskenk is.
Cpt Kaos
Cpt Kaos

Posts : 40
Join date : 2010-01-29

Back to top Go down

Back to top


 
Permissions in this forum:
You cannot reply to topics in this forum